27/08/2026
Ons eie Petri is genomineer as Individu van die Jaar!
As ’n eenmansaak is daar nie ’n groot span agter die skerms nie. Dit is Petri wat elke dag self opdaag, die lang ure insit, die oproepe beantwoord, die werk doen en altyd probeer om sy beste vir elke kliënt te gee. Daarom is hierdie nominasie vir ons soveel meer as net ’n naam op ’n lys... dit beteken dat sy harde werk, deursettingsvermoë en toewyding raakgesien en waardeer word.
Ons is opreg dankbaar teenoor elke lojale kliënt wat Bosch Services oor die jare ondersteun, aanbeveel en vertrou het. Sonder julle sou hierdie nominasie nie moontlik gewees het nie.
Nou vra ons baie nederig vir julle ondersteuning: As Petri en Bosch Services al ’n verskil vir jou gemaak het, sal ons dit opreg waardeer as jy vir hom stem as Individu van die Jaar (https://www.sakekamer.co.za/diens-stemming/).
Jy kan slegs een keer per persoon stem, so elke enkele stem tel en beteken vir ons ongelooflik baie.
Baie dankie vir elke oproep, elke aanbeveling, elke geleentheid en nou ook elke stem. Ons waardeer dit meer as wat ons in woorde kan sê.
Dit is tyd om te stem!
Baie geluk aan die volgende ondernemings en persone met hul nominasie as Malmesbury Sakekamer se Diensverskaffer van die Jaar.
Klein Besigheid:
Alacris Mobile Car Wash
CK Design and Laser
CK Solar & Security Solutions
CR Landboudienste
Design 66 Barefoot Architecture
DJ Poena
GetFit Fitness Studio
Kapsel Hair Studio
MaxiMed
REMAXX Country Associates
SSS Security
Medium Besigheid
AR24
Cinzaco
Discount Boards
Flynet
Geard Apteek
Graanland Ingenieurswerke
Juliana Dagsorg
Octavoscene
Swartland Apteek
WR Motors
Groot Besigheid
Checkers de Zwartland Werf
Foodlover's Market
Kaap Agri Malmesbury
Malmesbury Superspar
RSAM
Sabino Canyon Spur
Spies & Associates
Swartland Wynkelder
Virtigo Group
Individu van die Jaar
Kobus Drotschie
Tiaan Kotze
Dr Lisa Uys
Christien Kruger
Nadia Smit (Top Eiendomme)
Petri Bosch
Werner Rautenbach
Ida Glover
Staatsamptenaar van die Jaar
Anet de Beer
Dr Leana (Malmesbury Staatsveearts)
Eagle Eye Neighbourhood Watch
Janica Chapman (Malmesbury Staatsveearts)
Joggie Scholtz
Marouise Meyer (Swartland Munisipaliteit)
Petronella Davids (Swartland Hospitaal)
Staatsveearts Malmesbury
Swartland Munisipaliteit
Stemminge sluit 17 September 2026.
Besoek www.sakekamer.co.za/diens/stemming/ om jou stem te laat tel!
Baie geluk aan al die genomineerdes!