16/01/2025
My doelwit om my eerste nuwe fiets te koop het waar geword. Ek het hard gewerk en is baie trots om te kan sê ek het die mooi fiets met my eie geld gekoop. Baie, baie dankie aan almal wat my ondersteun het. Al die Ooms en Tannies wat my aangemoedig het en hulle karre gebring het vir my om te was. Julle is ‘n groot deel van hierdie groot dag in my lewe. Dankie, dankie, dankie! Ek is weer oop vir besigheid en besluit nog wat my volgende groot goal is.