Pitstop Ingenieurswerke

Pitstop Ingenieurswerke Herbou en herstel enjins en gee aandag aan verskeie meganies verwante werk

24/04/2019

Ek wil graag aankondig dat ons weer n nuwe masjienis aangestel het in die plek van Bennie, na sy afsterwe paar weke gelede. Ons het nou weer al die dienste beskikbaar, van crank grind tot enjine aanmekaar sit. Ons verwelkom vir Eugene Theron, wat ook reeds 30jaar ondervinding het en vroeer jare by Sandy's gewerk het. Ons diens en herstel ook nog die meeste voertuie teen billike tariewe. Ons onderdele afdeling verkoop enige onderdele, wat Massey, Ford, en John Deere insluit. Kontak ons indien ons van hulp kan wees. 0824705682

Fiat 880 5cyl. Enjin is nuut oor gedoen. Bande is in goeie toestand. En die enjin trek nog baie mooi.R123456789Prys is o...
18/10/2018

Fiat 880 5cyl.
Enjin is nuut oor gedoen.
Bande is in goeie toestand.
En die enjin trek nog baie mooi.

R123456789
Prys is onderhandelbaar.
Skakel vir Andre Burger by:
082-378-3224

Chana 1000ccNuwe enjin uit die fabriekBaie mooi kondisieR39 500Skakel Attie van jaarsveld om:082 470 5682
16/10/2018

Chana 1000cc
Nuwe enjin uit die fabriek
Baie mooi kondisie
R39 500
Skakel Attie van jaarsveld om:
082 470 5682

02/10/2018

Daar is n gerug wat die rondte doen dat Pitstop Ingenieurswerke en onderdele, toe gemaak het of gaan toemaak. Die gerug word uit onkunde versprei en is ver van die waarheid af. Ons is nie van plan om toe te maak nie en is steeds hier om n diens te lewer. Ons herstel nog steeds alle enjins en verkoop steeds enige onderdeel. Ons "fit" ook enige onderdeel wat u by ons koop teen baie lae arbeids tariewe of soms selfs gratis. Besoek ons gerus of skakel ons by 0824705682.

Lyk of dit tyd geword het om te belê in n kragopwekker. Kom gesels gerus met ons daaroor.
18/06/2018

Lyk of dit tyd geword het om te belê in n kragopwekker. Kom gesels gerus met ons daaroor.

Terminals beskikbaar !!!!
29/05/2018

Terminals beskikbaar !!!!

Kort hulp om jou kar se enjin skoon te maak, SUP50 Heavy Duty Cleaner is die perfekte produk om te gebruik. Kom maak ger...
29/05/2018

Kort hulp om jou kar se enjin skoon te maak, SUP50 Heavy Duty Cleaner is die perfekte produk om te gebruik. Kom maak gerus 'n draai by Pitstop Ingenieurswerke. Baie dankie.

ES Compleat OAT 20LES Compleat  20L
29/05/2018

ES Compleat OAT 20L
ES Compleat 20L

04/01/2018

Ek wil u graag herinner of eerder uitnooi. Daar word steeds elke woensdag oggend om 07:00 in die NG Kerk gebid vir reën, vir ons gemeenskap en vir n goeie seisoen. Ek d**k dit is vir ons almal belangrik, of jy nou in die skool is of selfs n pensioenaris. As die lewens aar, wat landbou is, doodloop, loop alles dood. n Geseende dag vir almal.

26/12/2017

Ons wil u net in lig dat ons nie toe gemaak het vir die feestyd nie en dat ons steeds oop is om van hulp te wees.

19/11/2017

Ek wil almal graag bedank vir al die werk wat jul na ons toe verwys, ons help graag waar ons kan en as ons nie kan nie, sal ons iemand kry wat wel kan help. Ek wil asb net vra om nie meer vragmotors van ander dorpe, wat ontklaar geraak het na my toe te verwys nie. Ek gaan die mense ongelukkig nie meer help nie.
Ek wil ook net dankie sê vir almal se ondersteuning by ons Onderdele afdeling die afgelope 5 weke, ons waardeer dit geweldig baie. Ons het dalk nie nou n groot verskeidenheid voorraad nie, maar ons vermoee is onbeperk. Ons spesialiseer in onderdele verkryging.
Geseende week vir almal.

Address

Pieterse Straat 40
Hoopstad
9479

Telephone

+27824705682

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Pitstop Ingenieurswerke posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share