22/04/2024
HAPPY EARTH DAY
Dit is 'n bewusmakingsdag (ek meen dit is beslis 'n noodroep en 'n alarm) wat net weer die kollig plaas op die bewaring van ons waterbronne, ons woude, ons fynbos (asb!), ons insekte- en reptiellewe, voéllewe, nog net in ons tuine (d**k asb voor ons daardie gifstowwe spuit), die aanplant van ongewingsvriendelike plantgewasse en dan ons uiters waardevolle inheemse plantegroei.
Tuiniers, besef ons die enorme groot rol wat óns speel in bewaring nog nét s in ons tuine en in ons woonbuurtes? Kom ons vergewis onsself net wéér daarvan vandag ons maak ons dit 'n missie om 'n positiewe groen spoor te laat.
O, plant bome...! As jy nie meer plek het in jou tuin nie, plant 'n boom op die sypaadjie al is dit iemand anders se sypaadjie. Plant bome in n park.
Elk van ons is níé net n druppel in die emmer nie. Dit is al die druppels wat 'n emmer vol maak en laat oorloop.
Kom ons as tuiniers vier EARTH DAY elke dag. Kom ons omarm haar met oorvloedige liefde en omgee.